Nederlandse Taalunie

21 november 2002

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Elisabeth Eybers-beurs 2003

Aansoeke word ingewag vir die Elisabeth Eybers-beurs wat jaarliks toegeken kan word.

Die Albert Wessels Trust stel jaarliks aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 'n bedrag geld beskikbaar vir die toekenning van 'n beurs wat vernoem is na die Afrikaanse digter Elisabeth Eybers. Die doel van die beurs is om die taal- en kulturele bande tussen Suid-Afrika en Nederland en België te bevorder en te versterk.

Die beurs word toegeken aan Suid-Afrikaners wat in die Nederlande wil studeer of aan buitelanders wat in Suid-Afrika wil studeer. Suid-Afrikaners en Nederlanders/Vlaminge kom dus vir die beurs in aanmerking.

Aansoeke vir die beurs vir 2003 word tot 28 Februarie 2003 ingewag. Die beurs is beskikbaar vir nagraadse studente, dosente en navorsers in die vakgebiede Afrikaans en Nederlands vir 'n studietydperk in die buiteland. Daar is nie 'n formele aansoekvorm nie, maar aansoekers moet 'n cur. vit. en 'n studieplan voorlê. In 2003 sal voorkeur gegee word aan die jonger, belowende akademikus tot drie jaar na voltooiing van sy/haar doktorsgraad.

Die waarde van die beurs vir 2003 sal minstens R40 800 bedra.

'n Skriftelike verslag moet binne drie maande na afloop van die besoek aan die Suid-Afrikaanse Akademie en die Albert Wessels Trust voorgelê word. Die studie moet verkieslik voor die einde van 2004 afgehandel wees. Persone wat in die beurs belangstel, kan hulle aansoeke na die adres hieronder stuur.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 28 Februarie 2003.

Onder die vorige ontvangers van die beurs tel die volgende:
* 1994 Ronel de Goede

* 1995 Atri Carstens

* 1996 Prof. J.C. Steyn

* 1997 Christél Rossouw

* 1998 Prof. Ena Jansen

* 1999 Me. Marieke van Laar (Universiteit van Utrecht, Nederland)
* 2000 Dr. A.A. Maes (Katholieke Universiteit Brabant, Tilburg, Nederland)

* 2001 Dr. Steward van Wyk

* 2002 Prof. H.P. van Coller

(w.g.) Prof. L.R. McFarlane
Hoofsekretaris

Ziervogelstraat 574, Privaat sak X11, Arcadia, Pretoria, 0007, Suid-Afrika
Tel. (012) 328-5082; Faks: (012) 328-5091; E-pos: akademie@mweb.co.za


---

© Nederlandse Taalunie